Dra asseblief my dank oor aan KOOS en sy manne.  Dit is die beste diens wat ek nog gekry het.  Die mense wat vir julle werk, is goed opgevoed en baie hulpvaardig.  Daar is geen skrapie aan my meubels nie en die liewe klavier het veilig by sy nuwe huis aangekom.  Ek sal julle by almal aanbeveel wat moet trek!

Nogmaals baie baie dankie!  Die manne het hulle werk PUIK gedoen!