Ons meubels is deur Vredebest vervoer vanaf Danabaai na Monte Christo op 28 en 29 November.

 

As deel van my werk was dit die 29e maal dat ons getrek het.

 

Ek en my vrou wil julle bedank vir die ongelooflike presiesie waarmee die manne gewerk het.

 

Vir die eerste maal ooit, het ons absoluut geen skade gely nie. Ons huis se mure het geen merke gekry nie, die bouer het reggestaan om “chip” merke te kom regmaak, dit was toe nie eens nodig nie.

 

Die manne was vriendelik, baie beleefd en deeglik.

 

Ek sal julle enige tyd aanbeveel.